Wat sal jy doen as die onmoontlike gebeur?
Drake se grootste wens is om op die skool se kriekettoer te kan gaan, maar dit is duur – baie duur. Die werk as usher by ‘n obskure teater lyk na ‘n goeie plan. Totdat dit nie meer is nie …
Hy word vasgevang in ‘n nagmerrie van gevaar, vampires en vreesaanjaende slapendes.
Sal hy die onmoontlike oorleef?
Die flits van ligte laat in die aand vanuit die uitkyktorings in Mauritzbaai, is die begin van ‘n gevaarlike avontuur vir Kayla Grey. Haar nuuskierigheid lei haar tot in die midde van ‘n gewetenlose bende. Skelms wat nie sal huiwer om van opponente ontslae te raak nie.
Kayla is op haarself aangewese want niemand kan vertrou word nie. Niemand nie. Die bende se invloed strek wyd …
Is sy opgewasse vir die taak om die smokkelaars bloot te stel?